Richard Phillips Feynman (11 Mei 1918 in New York – 15 Februarie 1988 in Los Angeles) was 'n Amerikaanse teoretiese fisikus wat instrumenteel was met betrekking tot die teorie van kwantumelektrodinamika en deeltjiefisika. Omdat hy soveel werk vir kwantumelektrodinamika gedoen het, het hy in 1965 'n Nobelprys vir fisika gewen (saam met Julian Schwinger en Shin'ichirō Tomonaga). Hy is bekend as een van die beste fisici in die geskiedenis, en is van Joodse afkoms.
Developed by StudentB